LEWER JOU DIGKUNS - RESEPTE, WENKE EN IDEES VIR DIE HUIS - BYGELOWE EN SPOOKSTORIES VAN TOEKA TOT NOU - FOTO'S OUD EN NUUT - KORT VERHALE - GESELSBLAD - SOEK FAMILIE EN VRIENDE - SIEKTES EN KWALE - SKILDER, TEKEN, SKEP EN DEEL - NOSTALGIE EN BIETJIE HARTSEER - GEBEURE IN JOU KONTREI - LEKKER-LAG
Teken In Registreer
[ Keer Terug ]
Datum: 2013-03-06 14:39:31
Deur: Anna Zowitzky

Hierdie is seker die oudste en lekkerste melktert resep wat daar is! 

Bestanddele:

1. Vir die KORS:

1xkoppie meel

1xteelepel bakpoeier

1xeier

125g margarien

75 ml suiker

knippie sout

Metode:   Room margarien en suiker saam. Voeg die eier by. Sif droe bestanddele by eiermengsel. Meng tot 'n sagte deeg. Druk uit in 'n langwerpige oondvaste skottel. Bak vir 5-7 minute by 200 grade tot ligbruin.

2. VULSEL:   

1xliter melk

3xeetlepels margarien

3xeetlepels meelblom

3xeetlepels mielieblom (maizena)

175 ml suiker

3xeiers

2ml vanilla geursel

Metode:  Kook melk en margarien saam. Klits die eiers tot lig. Voeg die res van die bestanddele by die eiers.  Nou voeg jy die kookmelk-mengsel stadig by die eiermengsel  terwyl jy dit aanhoudend roer sodat dit nie klonte maak nie. Dan giet jy dit terug in die pot en kook oor lae hitte terwyl jy aanhou roer. As die mengsel begin kook, kan jy dit van die hitte verwyder. Gooi die vulsel in die kors en sprinkel kaneel bo-oor.

Laat die tert afkoel by kamer temperatuur. Verkoel daarna in die yskas.

Lekker eet!

Anna Zowitzky

Stuur vir Anna Zowitzky 'n boodskap

* Vul asb al die velde in
Naam*
E-Pos*
Boodskap
Sleutel die kode hier onder in om jou epos te stuur
Teken In om jou digkuns te pos of om kommentaar te lewer